As ‘n sonstraal die suikerbekkie se oog vang

IMG_20180127_101825.jpg

 

As jy ‘n oorgroeide halfvergete lendelammerige bankie hogerig teen Helderberg ontdek wanneer jy moegerig geloop is

Terwyl jy so sit en wag vir jou gejaagde asem om te bedaar

As die koelte jou lawe en die briesie die fynbos by jou neusgange opflirt

As jy mooi lank stilsit – dalk amper ‘n uur

en deur hierdie venster van flora ver ver en verder tuur

En jou blik kom tot rus op die opgeklitste meringue op die langarm van die Hottentots Holland berg

As ‘n suikerbekkie so naby jou fladder dat jy die sonstraal in haar oog vang

Dan sink al die warries weg, diep diep weg in die sand.

 

 

 

 

Advertisements

6 thoughts on “As ‘n sonstraal die suikerbekkie se oog vang

  1. So mooi, net soos ek dit ervaar het wanneer ek na my geliefde bankie tussen die fynbos in Erinvale gestap het om daar vir Sonja ‘n hartjie met klippies te pak… Mis dit hier waar ons nou omring deur water in GB kom aftree het.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s