Rooigetooi vir Mooi en Moerigheid

IMG_20171114_113517.jpg

Rooi
Ek dra jou seker te veel
Ja ja vir die onthalwe van mooi
Maar ek en jy weet albei
Ek soek jou om my te troos
Behang jou soms aan my soos ‘n krismisboom
Krale, bangles, oorbelle en die ewige rooi serp in my wilde krulle
Ek dra jou vir jammergatgeit,
Vir bedonnerdgeid,
Vir onsekerheid,
Natuurlik vir elke bleddie -geit
ook vir my soms te dikwels droewigheid
Vandag voel ek ‘n bietjie van als
En dalk dink jy jy is overrated
Vandag staan my krulle erg woes
My kop voel te klein vir die wilde gekroes
En my hart voel heel discombobulated
So kom tem tog maar weer my kop
Kom jingle maar aan my ore
En hang maar weer aan my nek
En laas maar allermins jou liewe ou Rooi
Kom plak jouself baldadig met die rooiste lipstiek op my bek.

Advertisements

5 thoughts on “Rooigetooi vir Mooi en Moerigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s