Ek’s ‘n 101 en voel kaal sonder my lipstiek

Wys my maar enige dag nóg ‘n vrou wat by honderd jaar oud skuur
Wys my maar enige dag nóg van hierdie wonderlikste kreatuur
Daar’s ‘n storie vasgevang in iedere rimpel
Elkeen kan seker sy eie storie skryf,
Dis nou iedere en elke rimpel
Selfs daardie ene langs die vou van ‘n vergete eeuoue dimpel.

Wys my ‘n vrou van ‘n honderd
Wat nog haar lippe bewerig soek
En besef sy’s kaler as kaal
Totdat hul outomaties tuit vir bloedrooi lipstiek
Wys my nog tantes van by die honderd
Enige dag of nag
Hul het geleef met elke ademteug
Van nou tot 85 jaar terug in hul prille jeug.

Woorde van my 95 en ‘n half jarige liewe ou gerimpelde gryskopMa hoor ek steeds:
‘Weet jy kind,
Daar’s iets hier diep binne in my
wat ewig en konstant jonk, blosend agtien bly.’

My liewe ou Ma,
Ek sien jou skrams in elke ou tante
Sommige van hul plooie lyk selfs bekend
Ek sien jou selfs in hul turende blik
En hoor jou diep lag in hulle s’n
Wanneer ‘n ou geliefkoosde onthou weer in ‘n verkalkte aar opbruis
Om weer van vooraf geonthou te word.

‘Just baby oil, three times a day
Always rub upwards,
Never downwards’

Dankie vir  honderderigjarige vroue
En dankie tog, vir rooi lipstiek.

arron ma snuggle
Ma toe sy 95 en ‘n half was

 

Advertisements

2 thoughts on “Ek’s ‘n 101 en voel kaal sonder my lipstiek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s