Van Grootgatte se Gatlose en ander Stoele

legless chairs1Stoele het my nog altyd eindeloos gefassineer.  Kyk nou na hierdie beenlose stoele – totaal van hul oorspronklike doel beroof minus hul voorpote is hul nou sitlose stoele.  Hul was seker vir lank goeie sitstoele en vir lank hul mense gedra tydens eindelose maaltye om ‘n kombuistafel.  Brekfis.  Middagete.  Aandete.  11-uur Koffie.  3-uur Koffie.  Dalk ernstige sedige mense wat lang sitte gesit het terwyl hul die wêreld se probleme, die droogte en die toekoms van die kinders bespreek het.  Hul is seker maar eendag opgepak deur die kinders nadat die oumense dood is en saam met die liefdadigheids hopie uitgesit.  En daar lê hul toe beenloos vir 40 jaar of wat totdat iemand soos ek die knop van ‘n stoel uit ‘n  hoop sien uitsteek en dit my aan my ouma se stoele herinner het.  Iemand soos ek wat toe die arme stoele bejammer het en toe maar vir hul ‘n ereplek teen ‘n muur gegee het, bietjie gepoliesh en opgedress met twee takke jasmyn.

Hierdie twee ysterstoele – absoluut moertoegeroes  en skoon bodemloos.  Hul familie moes die Van Grootgatte gewees het, want hier staan hul nou totaal gatloos.  Ook nie jong

roses in chairs
Van Grootgatte se gatlose stoele

stoele nie – maar hul is mooi stewig gemaak deur ‘n trotse vakman met bultente spiere wat elke krul met presisie buig; dan met inspanning als vassweis dat die vonke spat en die sweet hom aftap.  Sy waarderende jong vrou met die lenige lyf staan ywerig nader met ‘n yskoue bier wanneer hul saam nog ‘n meesterstukstoel bewonder.

Sug, ja, niks met hierdie oorywerige verbeelding fout nie.  Om erkenning te gee aan die onbekende  kunstenaar wat hul gemaak het, het hul vir twee dae in die winkelvenster gepryk met drywende rose voordat ‘n mooi lenige jong vrou sonder om te kibbel oor die prys albei gekoop het.  ‘Hul is so perfek het sy gesê – opgeroes en opgeneuk en al.  So perfek’.  ‘n Meisie na my hart.

green chairs cropped
Rottang Revamp

 

 

Tydlose, klassieke rottang.  Dis wonderlik wat ‘n bietjie verf aan ‘n gehawende rottangstoel kan doen.  Hul het so mooi gelyk daar waar hul aan die dak gehang het – ek was skoon spyt die dag toe hul in ‘n huis in Kleinmond gaan woon het.

 

 

 

 

 

Hierdie twee was nogal spesiaal.  ‘n Vriend het hul vir my gebring na sy vrou oorlede is.

protea chairs cropped
Protea sitsels

Ons  het saam met hul op hierdie stoele om die eettafel gekuier toe sy nog geleef het.  Dalk was die herinnering vir hom te swaar.   ‘Kyk maar of jy iets daarmee kan doen’.  Met ‘n lekkie verf en opgetof met ‘n protea lap het hul menige vrou verlei.

 

Dis vir my lekker om te weet dat twee van hul (daar was meer) hul pad teruggevind het na een van sy dogters toe.  Sy hoef nie – maar sy kom soek my gereeld op vir ‘n drukkie.

 

 

bella rosa desk on boxes-001
Lessenaar a la krat

 

 

 

Daar’s nie veel te vertelle oor hierdie prentjie- dit praat sommer so vanself.  Nie jou gewone lessenaar nie – wat brêggerig op ‘n paar kratte staan.

 

 

Die laaste maar allermins die minste.  Hierdie stoel hieronder is nie sommer so ‘n stoel nie.  Hy is nie so mooi onder die sandersonjas wat eintlik te groot is nie – maar vir my is dit mooi en dis mos genoeg.  Dit was my Ma se stoel en ek het hom gekoop sodat sy kan lekkersit, lekkergesels en lekkerslaap – als in hierdie stoel wanneer sy by my kuier.

floral chair and green table
Ma se lekkersitstoel

Stoele is nie sommer net stoele nie.

Advertisements

11 thoughts on “Van Grootgatte se Gatlose en ander Stoele

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s