Blompot kort nog Cobra Polish Lesse

 

14249818_655894591245516_1926864859373561843_o
Kom!  Jul moet saamtrek! (Kunswerk deur Blompot)

‘Ma, kan ek maar Ouma sê ou kombuistafel gebruik?  (Let wel – mooi beskaaf die woord gebruik nie sommer ‘kry’ nie).  En 4 van die stoele wat Pa reggemaak het. Die ander is te wobbly. (Fussy ook nog).  Ja ek beloof ek sal hul mooi met cobra polish smeer soos Ma en Ouma gedoen het.   Ahm, hoe lykCobrapolieshenhoedoenmensdit?  Is jy seker Mammie? As Mom eers verklein word na Mammie dan weet ek hier kom sweet talk op steroides.

Trek is nie vir sissies nie.  Selfs nie as dit jou eerste trek is uit jou ma se huis nie.  Dis opwindend en nogal ‘n bietjie scary ook.

‘En een van die blou sitbanke asb. Dis nou wel nie my favorite kleur nie. Dis so verskriklik BLOU!’   (My sitkamerbank!  ag wat de heng – ek het te veel bleddie goed en dis tyd om af te skaal.  Ten minste hou sy darem van sommige van haar Ma se goed.  Ook nie alles nie – daar is baie waarvoor sy haar oë rol en neus optrek.  Ek offer nog iets – ‘ek’s lief vir jou maar nee dankie – ek sal nie plek hê nie’.  Sy asem skaars uit, dan ‘maar as jy nie daardie vintage kis gebruik nie – dit sal so mooi lyk!’  (Hmmm – terwyl ek wonder waar de heng ek nou die stoepkussings in gaan bêre.  Jy sien my stoepkussings en ek het ‘n daaglikse roetine.  Soggens haal ek hul uit die kis en flaff en faff hier en daar om die stoep skaflik te laat lyk.  Saans word die ritueeltjie omgedraai en die kussings en tafeldoeke weer opgevou en in die kis gebêre.  Ek droom oor ‘n ou afdakkie sodat die kussings en magodies daar kan bly.  Maar vir nou…) ‘Vat die kis my kind.’

‘O ek gaan die katte en die hond mis en ek sien uit om die woonstel mooi te maak en is daar dalk ‘n tafeltjie en stoele vir buite op die stoepie en OOO en ‘n paar plante – asseblief Mammie’.

‘Maar Maaaaaaaaaaa (let wel die afwesigheid van die verkleinende lieftallige Mammie) – wat as dit nie uitwerk nie? (Op skool het ek nogal gehou van storiesomme uitwerk – maar mens moes aan hom werk om uit te werk, gaan ‘n vlietende gedagte deur  my kop).

Ek sê nie veel nie – deel maar stilletjies haar opgewondenheid.  Hartseeropgewonde – die wie se kinders die nes gevlieg het – jul weet mos.

 

waars die kinners heen

 

 

Advertisements

12 thoughts on “Blompot kort nog Cobra Polish Lesse

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s