Veeroorbelle en lipstiek – terwyl ons wag

vere ore(Ek vind hierdie op my foon vanoggend.  Geskryf net voor 6 die aand -Min wetend dat dat sy oor 8 ure die Poorte van die Hemel sou binnegaan. As ek dit nie nou hier neersit nie – sal dit dalk verlore gaan.)

Ek’s nie heeltemal uitgerus
Maar darem vars gebad en silwerskoon
Van elke krul op my kop tot my rooigeverfde toon
My moge lyf gepamperlang en geroom
selfs agter my ore met Anais Anais geparfuum.

Gepoeier en gepaint met lippe helderrooi

En die swaaiende geveerde oorbelle waarvan jy so hou

‘n Rerige gemaklike pantie maar darem my beste push-up bra
Dalk help dit my deur nog ‘n nag te dra
Sodat ons enduit kan aanhou
Langs jou – saam met jou.

Terwyl ons oor jou wag

(dis vanaand die vyfde nag)
stel ek my voor
Dat dit bedrywig is in die Hemel
Als moet mos net reg wees
Die Poorte moet helderder blink
Die sterre word aangetree om mooi bright te skyn
Daar word hard geoefen deur n uitgesoekte koor
amper reg
Nog net een keer dan is dit verfyn –
Die allermooiste refrein.

Hier’s ek dan op pad na jou
Om jou nog ‘n keer vas te hou
Ek skryf steeds simpel briefies en rympies
Asof ek hul steeds vir jou kan lees
En jou tog nog een keer te kan hoor lag.

msa girls poppies small image

 

 

 

(Opgedra aan my vriendin wat onlangs oorlede is.  Sy het nie susters gehad nie – en ons het mekaar Sissi noem. )

 

Advertisements

17 thoughts on “Veeroorbelle en lipstiek – terwyl ons wag

    1. My stellings is so dat ek dit eers self goedkeur – die dat dit so in die mis verdwyn. Aanvanklik kon enigeen goed skryf en was dit dadelik gepubliseer – totdat daar ‘n paar mense was wat die platform misbruik het vir hul eie verwronge redes.

      Liked by 1 person

  1. Dalk gaan lê dit onder jou spam. Hierdie stuk van jou moes jy net vasskryf. Ek het gehuil, vir haar en vir jou. Dit is so kosbaar, jong. Sy is nou veilig en gelukkig. En jy is hier, met jou briefies en jou onthou.⚘

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s