EN DAAR VLIEG BORING WRAGTAG IN SY BLIENKIN’ GLORY

 

Hiert, jou mooi hoender!

‘n Hele ruk terug

Een verveelde koelerige oggend

drentel ek en die kameratjie in die strate van Stellenbosch

op soek om blerrie boring af te skud

stap ons twee alleen

myself en blerrie boring ekke

 

 

kliek kliek hier

en kliek kliek daar

‘O jou mooi balkon.  Waar’s jou Ma?’

soos ‘n verveelderige plaashoender

verveeld met sy boring menu

van blerrie boring mielies

pik pik maar hier

en pik pik maar daar

Hier kliek kliek en daar klieketjiekliek

Toe skielik

raak die menu mos interessant

toe hierdie prentjie voor my kom staan

Hierkom’nding! 

Vier vrouens – drie kaalvoet en een hoog gepolvaai

Opgedress in rokke van satyn en van kant

van kaalgattoon tot geswieshde haardoskroon

met die mooiste bestrikte bos rose in elke hand

Enter a caption

“Ja ja, hier kom ‘n wedding

Ja ja, hier kom ‘n ding

Ja ja, neem maar ‘n kiekie”

Daai voetjies heel regs moet nog relax

En vol van lag

en vol van giggel

pose die beautiful vier girls

(en ook die swartkopvrou langs die balie)

net vir my

in die middel van die straat

een miserable oggend

in Stellenbosch

ja, ja

en net daar vlieg blerrie boring

wragtag tot in sy bliengkien glory!

Blienkien’ boring het sy gat gesien

Cheers!

(effe verwerk van ‘n vorige inskrywing op my blogspot blog)

http://karinsegriffels.blogspot.co.za/2015/10/en-daar-vlieg-blerrie-boring-wragtag.html

Advertisements

6 thoughts on “EN DAAR VLIEG BORING WRAGTAG IN SY BLIENKIN’ GLORY

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s