HERE, HELP DAT MY ROOI LIPSTIEK HOU

received_m_mid_1404892605231_b31c7f5d10e7b10525_0.jpegGister was maar ‘n boggerop

Eergister was sommer ‘n  f*k*p

Vanoggend waai hier darem ‘n ligte bries

Lig my las darem so effentjies

My skouers sak bietjie en sit nie meer onder my ore

Die koffie smaak na koffie en ek let op die gechipte lak op my tone

Môre se pad had sy eie troubles

Vol kinkels krulle en wobbles

Ek vind myself bid

ag Heer

hier’s ek al weer

Vul tog my tenk met diesolien

Gee my ‘n skerper lig

Om beterder in die komende donker te sien

Vang my tog as ek wankel

Kan ek ook maar vra vir ‘n wip in my wandel

om te keer dat ek strompelend waggel

Ag, en laat my rooi lipstiek asb langer klou

En as U nie omgee

‘n Engel of dalk twee

Om daar te wees en my nou en dan vas te hou

Sodat ek hierdie duistere pad wat ek begin het

Met helderheid en suiwerder liefde

Klaar te kan maak

Amen.

Ps en eendag as als verby is

Êrens ‘n mooi huisie

Naby die berg

Met die mooiste rooi hekkie.

Advertisements

10 thoughts on “HERE, HELP DAT MY ROOI LIPSTIEK HOU

  1. Soooo cute….baie dankie en amen en sela.

    Cecile

    On Mar 1, 2017 9:42 PM, “KleinKittie (alias Karinsegriffels)” wrote:

    > KleinKitti posted: “Gister was maar ‘n boggerop Eergister was sommer ‘n > f*k*p Vanoggend waai hier darem ‘n ligte bries Lig my las darem so > effentjies My skouers sak bietjie en sit nie meer onder my ore Die koffie > smaak na koffie en ek let op die gechipte lak op my tone” >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s