Morsige Merrie bak Piesangbrood

 

‘n Whatsapp aan my sus vanoggend.  Mens skryf mos anders vir jou bloedfamilie kom ek agter.   ‘Hey big Sista!  Ek dink sommer vanoggend aan jou.  Ek probeer om ‘n piesangprood te bak toe ek effe jammer voel vir die drie

20161224_142346-001
Piesangbrood gebak in Ma se stokou broodpanne.  Ma se teekoppie.  Boompie en bling – dis mos Kersfees.  Blomme vir Ma.

papperige piesangs.  Te jammer om hul weg te gooi.  Dis mos kos. Ek maak myself sommer moeg met hierdie tipe goed. Uitgeput sê ek jou.

Minus ‘n resep – toe maar sommer eers als geneuk in ‘n bak soos ek goedgedink het.  Meel. Eiers. Bakpoeier. Stewige skoot melk.  Zhoersh zhoersh eers met die aartappelmasher en toe met Ma se stokou klitser.  Toe met miss google gecheck of ek dalk nog iets moet bysit. Toe sien ek mens room eintlik botter en suiker saam – ‘n stappie wat  ek op daai stadium uitgelos het. Toe zhoersh ek maar bietjie margerien en suiker as ‘n troosprys by maar toe die spulletjie te slap lyk na my sin, toe sommer nog ‘n driekwart koppie gesifte meelblom om op te maak vir die eerste 2 koppies wat ongesif ingeneuk is.  Klonte jy weet mos.  Ek kon nie vanilla essence kry nie en sit toe sommer twee oorlooptelepels amandel essens in. Toe kry ek die vanilla agter die meelblik toe dag ek sjym en sit ‘n plat teelepel en nog ‘n blerts in.  Ek kon nie fynsout kry nie.  Toe maar sommer die grinder gegryp en sulke groot soutklonte ingegrind. Uiteindelik toe als klaar is toe begin die soektog  na Ma se twee afgeleefde broodpanne.  Elke kas deur 6 keer oopgemaak.  Op hurke met onwillige seer knie gebuk om diep agter in kaste te kyk.  Uiteindelik kom kyk Blompot hoekom die kasdeure so kap asof Ma effe moerig is.  Toe vind sy dit – feitlik onder my neus –  Pft.

Die stokou panne is net met n lappie uitgevee om nie Ma se aangebrandsels te ontstig nie en maar 2 stukke skeefgeskeurde waspapier ingesit.  Die kombuis het soos ‘n oorlog gelyk – ek weet nie hoe ek dit regkry nie maar ek sien Blompot het ook hierdie geen van haar Ma geërf.  Bietjie morsig in die kombuis.

Twee broodjies in die oond.  Kombuis uit-ein-de-lik aan die kant.  Ugh!  Nou wag ek maar.’

En so is ek toe so in my skik met my broupogingkie wat toe heel lekker smaak, dat ek gevoel het dit verdien ‘n kiekie.  Vir Ma wat in die Hemel is en na wie ek Kersfees erger verlang as ander tye.  Sien Ma?  Ek het die broodpanne gebruik en hul werk soos soos ‘n droom.   

Love your decorations mammi.

 

Geseënde Kersfees aan iedeer en elk wat hier beland en my griffelbrousels lees.

Vrede en liefde is seker die grootste geskenke in my opinie.

Mag dit jou omsingel.

Advertisements

2 thoughts on “Morsige Merrie bak Piesangbrood

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s