Dawid en sy Wortels

baby-carrot-painting-37502
Ma, ek ken jou wortels    (Foto van Internet)

 

Aan die onderpunt van die huis woon die mooi huurder wat nou nie eintlik een is vir huur betaal nie.  Ook nou nie juis eintlik een vir skoonmaak nie.  Wasgoed is geneig om op te stapel in berge.  Kunstenaars is maar so,  sê hulle. Arty-farty noem sommige mense sulke mense.  Ek noem haar Blompot.  Blompot is ‘n kreatiewe kreatuur en ek kan nogal my nie voorstel wanneer sy ook die dag die pad gaan vat nie.

Vol oumenswysheid vertel sy my dikwels nie alleen waar Dawid die wortels begrawe het nie, maar sommer ook watter graaf gebruik was, hoe diep die gat gemaak is, of die wortels genoeg kompos gekry het en of ‘n beneukte suid-ooswind daai dag gewaai het.

‘Ma. jy skryf te min’.

‘Ma, wanneer gaan jy weer ‘n slaggie paint?’

‘Ma, die spinnekoppe het nes gemaak in die naaimasjien’.

‘Ma. daai broek laat jou bietjie dik lyk’.

En nog baie ander wortels ook.

My favourite wortels is wanneer sy per ongeluk ‘n komplimentjie laat val.

‘Ma, ek’s so bly jy’s my Ma’.

 

Advertisements

7 thoughts on “Dawid en sy Wortels

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s